top of page

Opposisiepartye staan die Metro se afskryf van miljoene rande se bates tee

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Aug 29
  • 1 min read

Opposisiepartye het beswaar geopper teen die Mangaung Metro Munisipaliteit wat R7,4 miljoen se bates wil afskryf. Volgens Bloemnuus sê die VF Plus se Henry Denner hulle het geweier om te stem toe die punt bespreek is op die raadsvergadering wat gister gehou is. Luidens die metro se ouditverslag kon 29 688 roerende bates nie geverifieer word nie. Die DA se Tumelo Rammile sê gemeenskappe kannie gevra om vir dienste en erfbelasting te betaal en dan nie te kan wys wat van die geld geword het nie. Hy voeg by die metro kan nie deursigtigheid preek terwyl grootskaalse verliese van bates in komiteeverslae versteek word nie. Die VF Plus eis dat elke departement ‘n omvattende verslag aan die raad voorlê en dat dissiplinêre stappe geneem word teen amptenare wat versuim om hul pligte na te kom.

 
 
 

Comments


bottom of page