top of page

Opruiende plakkate weerspieël nie die UV se waardes nie

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Nov 26, 2025
  • 1 min read

Die Universiteit van die Vrystaat (UV) het hulle onomwonde van aanstootlike en opruiende taal wat op sommige protesplakkate uitgebasuin is, gedistansieer.


Van die plakkate het slagspreke soos ‘alle mans moet sterf en ‘al wat ons nodig het, is dat mans ons uitlos’ ingesluit.


Maroele Media berig die boodskappe spruit oënskynlik uit sommige van die studente se menings oor geslagsgebaseerde geweld.


Die UV sê in ʼn verklaring die sienings en boodskappe weerspieël nie die universiteit se waardes, etos of institusionele standpunt nie.


Hulle voeg by hulle bly verbind tot die bevordering van ʼn inklusiewe en respekvolle omgewing vir alle lede van hul gemeenskap.


FOTO: Maroela Media
FOTO: Maroela Media

Comments


bottom of page