Opstellers van die omstrede KI-beleid is voorlopig geskors
- Saamgestel deur Ilde Roos

- May 27
- 1 min read
Twee amptenare wat verantwoordelik was vir die teruggetrekte Nasionale Kunsmatige Intelligensie (KI)- beleid is op voorsorgskorsing geplaas omdat hulle versuim het om te verklaar dat hulle KI gebruik het om die dokument op te stel.
EWN berig die Portefeuljekomitee oor Kommunikasie en Digitale Tegnologieë is egter nie heeltemal tevrede nie en het vrae gevra oor die departement se interne stelsels wat tot die fout gelei het. Lede van die komitee het die aanstelling van die paneel van kenners bevraagteken en gesê dat die departement as die leidende departement in die sektor self ’n goeie begrip van KI behoort te hê.
Die minister van kommunikasie, Solly Malatsi, het intussen ’n paneel van kenners aangestel om die departement te help met die opstel van ’n nuwe KI-dokument.








Comments