Optog in Pretoria eis Ramaphosa se bedanking
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Apr 4, 2025
- 1 min read
Defend South Africa (DSA) en ander burgeregtelike organisasies hou Vrydag ’n optog in Pretoria en eis president Cyril Ramaphosa se bedanking. IOL berig dat deelnemers aan die optog na die Uniegebou beweeg. Die Tshwane-metropolisie se woordvoerder het aan IOL die beplande optog bevestig. Volgens die DSA bevat hul brief glo kritiek op Ramaphosa se ampstermyn en beweer dit dat sy presidentskap geteister is deur korrupsie en wanbestuur, veral met verwysing na die Phala Phala-skandaal.






Comments