top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Optrede word gevra teen onwettige bewoners in Rayton

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 3 days ago
  • 1 min read

Daar word gevra vir optrede teen mense wat vervalle strukture onwettig in Rayton in Bloemfontein bewoon.


Volgens Nova News sê DA-wyksraadslid Johan Pretorius inwoners het ook gekla oor veiligheidsrisiko’s, inbrake en beweerde kriminele aktiwiteite in die gebied.


Pretorius beweer ’n munisipale waterpyp is oopgegrawe en dat ’n onwettige waterkonneksie geïnstalleer is.


Hy sê duisende liters skoon drinkwater word glo vermors terwyl inwoners reeds watertekorte en infrastruktuurprobleme ervaar.


Pretorius se verder die Mangaung-metro is reeds in April oor die situasie ingelig, maar dat daar nog nie teen die oortreders opgetree is nie.


Volgens die DA sal die saak nou verder by die metro aangemeld word.


FOTO: Nova News
FOTO: Nova News

 
 
 

Comments


bottom of page