Oranje-meisie kry 100% vir 'n gedig aan haar ma
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Sep 15
- 1 min read
Vir die eerste keer in 14 jaar het 'n leerling 100% in die Goudveld-Hoërskool se Taal-en-kunstefees in die kategorie van selfgeskrewe poësie behaal – en dié eer behoort aan 'n Graad 8-leerling van die Hoër Meisieskool Oranje in Bloemfontein.
Volksblad berig Lika Claassens se gedig getiteld My ma het die afgelope week wye reaksie ontlok.
Claassens sê sy het die gedig vir Moedersdag aan haar ma, Nadia, geskryf. Sy sê haar ma is spesiaal, so die woorde het maklik gekom.
Claassens het ook aan die kategorieë vir voordrag, poësie, voorbereide leesverhaal en selfgeskrewe transaksionele teks deelgeneem, waarin sy ook ’n A++ behaal het.





Comments