Oranje se Vyf wen lag-lag
- Nadia Pieters

- Sep 26
- 1 min read
Groot nasionale eer het die Hoër Meisieskool Oranje in Bloemfontein te beurt geval toe hul produksie Vyf as die wenner van die FAK Allegretto-toneelfees aangewys is.
Volgens Bloemnuus beteken dit dat Vyf die beste uit 168 produksies was, en is ook as die beste komedie en beste ensemble aangewys.
Benewens dié sukses het Oranje met dieselfde produksie ook na die nasionale ronde van ATKV Tienertoneel deurgedring, wat in Oktober in die Kaap beslis sal word.
Die toneelgroep van die Hoërskool Jim Fouché het ook in die nasionale ronde van Allegretto met Wanneer die wind draai presteer, waar Dian van Wyk as die mees belowende speller aangewys is.






Comments