Organisasies help met die Kaapstad-vloede
- Armando Pieters

- Jun 26
- 1 min read
Nie-regeringsorganisasies help gemeenskappe wat deur die vloede in Kaapstad geraak is. Volgens Newskoop word minstens 600 mense geaffekteer, met meer as 300 strukture in informele nedersettings wat oorstroom is. Die stad het van Woensdag swaar reën, koue weer en sterk winde ervaar, wat volgens berigte Donderdag sal voortduur. Die woordvoerder van die Stad Kaapstad se ramprisikobestuur, Sonica Lategan, sê hulle sal die situasie Donderdag verder assesseer. Intussen berig IOL raadslid Rob Quintas het gewaarsku dat paaie op kort kennisgewing gesluit kan word namate die swaar reënval voortduur. Hy voeg by die volume aanhoudende reënval veroorsaak dat vleie, riviere en kanale hul kapasiteit bereik.





Comments