top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Oscar-bekroonde Gene Hackman dood in sy huis aangetref

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Feb 27, 2025
  • 1 min read

Die 95-jarige Oscar-bekroonde Amerikaanse akteur, Gene Hackman, sy vrou en hul hond is dood by hul huis in Santa Fe, New Mexico aangetref. Primedia berig volgens verklaring van die Sante Fe Country Sheriff in New Mexico is hulle besig met ‘n ondersoek maar hulle glo egter nie in hierdie stadium dat gemene spel ‘n faktor was nie. In dié vyfmalige Oscar-benoemde akteur se loopbaan wat oor meer as ses dekades strek, het hy twee Oscar-toekennings ontvang vir sy rol in The French Connection en Unforgiven. Sy dood kom net vier dae voor vanjaar se Oscar-seremonie.

 
 
 

Comments


bottom of page