OTM-rowers slaan toe op ‘n vulstasie langs die N3

Jun 18
1 min read
n Gewapende bende het glo geldmasjiene by 'n Engen-vulstasie langs die N3 naby Frankfort opgeblaas.
Volgens die Frankfort Herald het inwoners ontploffings gehoor toe die rowers Woensdag op die vulstasie toegeslaan het.
Na bewering het minstens drie gewapende mans die perseel binnegegaan en personeel gedwing om op die vloer te lê voordat ploftoestelle op die OTM's aangebring is.
Geen beserings is aangemeld nie en dit is nog onbekend hoeveel geld buitgemaak is.
Die Grootvlei-polisie ondersoek die saak en niemand is nog in hegtenis geneem nie.









Comments