top of page

Oud-polisielede is ná 30 jaar later aan moord skuldig bevind

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Dec 3, 2025
  • 1 min read

Meer as 30 jaar ná die moord op 'n anti-apartheidsaktivis is twee voormalige polisiebeamptes vir hul aandeel skuldig bevind.


Maroela Media berig oudsersante Abram Engelbrecht en Pieter Stander is in die hooggeregshof van Pretoria aan die moord op Caiphus Nyoka in 1987 skuldig bevind. Nog 'n beskuldigde, Johan Marais, is in Julie vanjaar direkte tronkstraf opgelê nadat hy in 2019 oor sy aandeel in Nyoka se moord gebieg het.


Marais het aangevoer hy was destyds onder die indruk dat Nyoka ʼn terroris was, en is opdrag gegee om hom te vermoor. Die regter het Dinsdag bevind dit was Engelbrecht wat die opdrag gegee het.


Die ander beskuldigde, oudmaj. Louis van den Berg, die destydse bevelvoerder van hul eenheid, is vrygespreek aangesien daar geen direkte bewyse is wat hom met Nyoka se moord kon verbind nie.


Abram Engelbrecth en Pieter Stander. FOTO: Maroela Media
Abram Engelbrecth en Pieter Stander. FOTO: Maroela Media

 
 
 

Comments


bottom of page