top of page

Oud-polisielid 38 jaar later vir moord op aktivis gevonnis

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 10
  • 1 min read

Die hooggeregshof in Gauteng in Pretoria het ‘n voormalige apartheidsoffisier tot 15 jaar tronkstraf gevonnis vir die moord op die studente-aktivis Caiphus Nyoka in 1987.

Johan Marais het skuldig gepleit aan die noodlottige skiet van ‘n ongewapende Nyoka by sy huis in Daveyton in Ekurhuleni. Marais was destyds die seksieleier van die reaksie-eenheid in Dunnottar.

Nyoka se suster, Alegria, het volgens IOL gesê dat alhoewel geregtigheid geskied 38 jaar later vir haar broer geskied het, sy nie seker is of die familie gereed is om Marais te vergewe nie.

Sy voeg by hulle is bereid om met hom te gesels, sou hy so 'n gesprek inisieer.

Marais het aan die hof gesê die motivering vir die moord op Nyoka was dat hy teen die apartheidsregering gekant was.

 
 
 

Comments


bottom of page