Oud-speaker beweer korrupsie-klagte polities gemotiveer

Mar 30, 2025
1 min read
Die voormalige speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, hou vol die korrupsie-klagte teen haar is polities gedrewe. Mapisa-Nqakula staan tereg op klagte van korrupsie omdat sy na bewering omkoopgeld van vier-komma-vyf-miljoen rand tydens haar tyd as minister van verdediging aangevra en ontvang het. Sy eis volle toegang tot saakdossiere om haar standpunt te bewys. Mapisa-Nqakula het die polisie ook daarvan beskuldig dat hulle behoorlike prosesse in hul ondersoek verontagsaam het. Sy het in die Pretoria-hooggeregshof verskyn en die saak is tot 4 April uitgestel.








Comments