Oud-Steinhoff-bestuurder word gevonnis
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 2 hours ago
- 1 min read
’n Voormalige ouditbestuurder van die Steinhoff-groep is tot vier jaar tronkstraf of ’n boete van twee miljoen rand gevonnis.
Die Pretoriase Gespesialiseerde Handelsmisdaadhof het Hein Odendaal skuldig bevind nadat hy nalatigheid erken het en versuim het om vermoedelike bedrog aan te meld.
Die bedrog het Steinhoff se finansiële state met meer as R376 miljoen opgeblaas deur ’n vals faktuurskema waarby TG Sources in Switserland betrokke was.
’n Bykomende vonnis van twee jaar is geheel en al opgeskort, met een jaar korrektiewe toesig.
Die Nasionale Vervolgingsgesag sê die skuldigbevinding is ’n belangrike stap in een van Suid-Afrika se grootste korporatiewe bedrogsake.
Verrigtinge teen sy medebeskuldigde, Stephanus Grobler, is uitgestel.








Comments