top of page

Ouers is rasend van kommer na Valke kinders by ‘n plek van veiligheid red

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Apr 3
  • 1 min read

Talle ouers wie se kinders by die plek van veiligheid vir kinders, In His Honour, gewoon het, is rasend van kommer nadat die kinders oënskynlik sonder hul medewete deur die departement van maatskaplike ontwikkeling weggeneem is. Maroela Media berig die departement het elf kinders tussen die ouderdom van 13 tot 17 jaar, by dié sentrum in Hartbeespoort in Noordwes weggeneem. Dit nadat die eienaar, Mike Cronjé, deur die Valke in hegtenis geneem is. Volgens die Valke is inligting ontvang dat die kinders glo uitgebuit en aangerand is. Rosestad-nuus het vroeër berig dat daar ook drie ongelisensieerde vuurwapens, 51 patrone en plofstof by die skuiling gevind is. Cronjé sal na verwagting vandeesweek nog in Brits se landdroshof op aanklagte wat verband hou met die onwettige besit van vuurwapens verskyn.

 
 
 

Comments


bottom of page