Ouers moet kwalifikasies verifieer
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 5 hours ago
- 1 min read
Suid-Afrika se kwaliteitsrade het ’n dringende landwye waarskuwing aan leerders en ouers uitgereik om alle instellings en kwalifikasies deeglik te verifieer voordat hulle vir naskoolse onderwys en opleiding in 2026 registreer.
Dit volg te midde van ’n toename in bedrieglike en ongeakkrediteerde opleidingsverskaffers wat steeds die publiek mislei.
Die waarskuwing is tydens ’n media-inligtingsessie uitgereik, waar die betrokke entiteite beklemtoon het dat die land se onderwysstelsel oor die algemeen geloofwaardig bly.
Hulle het egter gewaarsku dat die groei in vals instellings ’n ernstige bedreiging vir leerders se toekoms én vir gesinne se finansiële sekuriteit inhou.






Comments