Ouers word gewaarsku om kinders tydens die wintervakansie dop te hou
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jun 15
- 1 min read
Ouers en versorgers word aangemoedig om kinders gedurende die wintervakansie fyn dop te hou wanneer hulle winkelsentrums en ander openbare plekke besoek.
Volgens Fidelity Services Group kan besige en oorvol omgewings die risiko verhoog dat kinders van hul gesinne geskei raak of aan misdaad blootgestel word.
Die groep sê kinders tussen vyf en 15 jaar is veral kwesbaar, en raai ouers aan om kinders binne sig te hou en vooraf af te spreek waar hulle mekaar sal ontmoet indien hulle verdwaal.








Comments