top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Outa gaan hof toe oor Aarto

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 10 hours ago
  • 1 min read

 Die Organisasie teen Belastingmisbruik, Outa, het die Pretoriase Hooggeregshof gevra om die uitbreiding van die Aarto-verkeerswet tydelik op te skort.


Maroela Media berig die hof sal die dringende aansoek op 5 Augustus aanhoor. Indien Outa slaag, sal Aarto voorlopig weer net in Johannesburg en Tshwane toegepas word.


Outa voer aan dat president Cyril Ramaphosa nog nie die tribunaal aangestel het wat geskille tussen motoriste en die Padverkeersmisdrywe-agentskap moet aanhoor nie.


Die organisasie sê die publiek is ook nooit die geleentheid gebied om kommentaar te lewer op die nuwe regulasies wat bepaal hoe Aarto toegepas moet word nie.


Outa beklemtoon dat hulle nie die grondwetlikheid van Aarto betwis nie, maar dat die uitbreiding volgens hulle nie reg of grondwetlik toegepas is nie.


Ter illustrasie. FOTO: Freight News
Ter illustrasie. FOTO: Freight News

 
 
 

Comments


bottom of page