Outa sê die begroting skiet tekort aan hervorming
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Feb 26
- 1 min read
Die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa) sê die 2026-begroting bied ‘n buffer vir belastingbetalers voor plaaslike verkiesings, maar skiet tekort aan betekenisvolle hervorming.
Outa se Stefanie Fick sê die terugtrek van ‘n voorgestelde belastingverhoging van R20 miljard en die ondersteuning van klein besighede bied korttermynverligting, maar die tydsberekening wek kommer oor politieke gerief.
Fick verwelkom bykomende befondsing om georganiseerde misdaad te beveg en munisipale nutsdienste af te sonder. Sy waarsku egter dat die infrastruktuurtoekennings die risiko loop om reddingsboeie te word sonder streng verantwoordbaarheid en gevolgbestuur.
LUISTER HIER:
Stefanie Fick








Comments