top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Outa verwelkom inhegtenisneming van voormalige Transnet-bestuurders

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 1, 2025
  • 1 min read

Die Organisasie Teen Belastingmisbruik (Outa) verwelkom die inhegtenisneming van voormalige Transnet-bestuurders wat van bedrog, korrupsie en geldwassery aangekla word.

Brian Molefe, Siyabonga Gama, Anoj Singh en Thamsanqa Jiyane het gister in die Palm Ridge-landdroshof in Gauteng verskyn en is borg toegestaan.

Die aanklagte hou verband met ‘n beweerde onreëlmatige betaling aan ‘n Gupta-gekoppelde maatskappy in 2015.

Hulle word daarvan beskuldig dat hulle ‘n onreëlmatige betaling aan Trillian Asset Management gemaak het vir ‘n lening van 30-miljard rand om lokomotiewe in 2012 te koop.

Outa se Rudie Heyneke sê hierdie sake word al jare lank gerapporteer en is tydens die Staatskapingskommissie uitgelig.

 
 
 

Comments


bottom of page