top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Outa vra dat die kiesstelsel hersien word

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 31, 2024
1 min read

Die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa) sê die kiesstelsel moet hersien word om demokrasie, aanspreeklikheid en deursigtigheid te versterk. Outa het ‘n verslag by die Verkiesingshervormingskonsultasiepaneel ingedien om vorige verkiesingshervormingspogings te evalueer. Die verslag wys op voortdurende kommer oor die huidige stelsel, soos aanspreeklikheid, kiesafdelingverteenwoordiging en die rol van politieke partye. Outa se parlementêre betrokkenheid en navorsingsbestuurder, Rachel Fischer, sê die huidige stelsel het ‘n mate van stabiliteit gebring, maar dit het beperkings. Fischer verwag dat die paneel die burgerlike samelewing se insette sal oorweeg om ‘n stelsel te ontwerp wat alle burgers dien.

 
 
 

Comments


bottom of page