top of page

Outa vra Sanral in die hof om die invordering van uitstaande e-tolskuld te laat vaar

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Sep 17
  • 1 min read

Die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa) vra dat afstand gedoen word van die invordering van uitstaande e-tolskuld.

Dit kom nadat Outa regstappe teen die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) en drie ministers tot dien effek ingestel het.

Maroela Media berig volgens Outa het Sanral die sake in werklikheid laat vaar nadat die agentskap se raad in Maart 2019 besluit het om die invordering van e-tolskuld op te skort. In die meer as ses jaar daarna is geen verdere stappe deur Sanral gedoen om die skuld te verhaal nie.

Outa sê dat hierdie onaktiwiteit ʼn duidelike aanduiding is dat die invordering van die e-tolskuld laat vaar is en dat die hof nou die enigste plek is waar finale regsekerheid hieroor verkry kan word.

Sanral het reeds aangedui dat hy van plan is om Outa se aansoek teen te staan.

 
 
 

Comments


bottom of page