Owerhede moet vir uiterste weerstoestande tydens die verkiesing voorberei

7 days ago
1 min read
Die Interministeriële Komitee oor Verkiesings sê rampgereedheid moet dringend opgeskerp word voor volgende maand se plaaslike regeringsverkiesing.
Die komitee waarsku dat miljoene kiesers lang rye in uiterste hitte kan trotseer wanneer hulle op 4 November gaan stem.
Volgens die komitee sal ’n sterk El Niño na verwagting dié somer ondergemiddelde reënval en hoër as normale temperature oor groot dele van die land meebring.
Swaar reënval, kitsvloede en hewige donderstorms bly egter in sommige gebiede moontlik.
Die komitee doen ’n beroep op gemeenskappe en owerhede om vir dié toestande te beplan, eerder as om te wag totdat noodsituasies ontstaan.









Comments