Paaie in Bfn is gesluit vir 'n fietswedren
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 1 day ago
- 1 min read
Verskeie paaie in die Arboretum-gebied van Bloemfontein is Saterdag vanaf 07:00 gesluit vir die Vrystaatse Fietsrywedren.
Volgens die Mangaung Metro Munisipaliteit vind die wedren in die Happy Valley-omgewing plaas en sal die padsluitings tot 17:00 geld.
Die geraakte gebied sluit paaie tussen Harry Smith-, Brill- en Albrechtstraat in, waar fietsryers deur die dag aan die byeenkoms sal deelneem.
Motoriste en ander padgebruikers word gewaarsku om verkeersvertragings in en rondom die gebied te verwag.
Die metro moedig Bloemfonteiners aan om hul reise vooruit te beplan, alternatiewe roetes te gebruik waar moontlik en verkeersbeamptes se aanwysings te volg.








Comments