Paaie in Bloemfontein word vir MACUFE gesluit

Sep 12
1 min read
Verskeie paaie en kruisings in Bloemfontein word vandag en môre vir die MACUFE-hooffees gesluit.
Volgens die Mangaung-metro sal padsluitings rondom die feesterrein motoriste onder meer by Henrystraat en Tweede Laan, Henrystraat en die dieretuin-ingang, Kingsway- en Zola Buddstraat, Kingswaystraat by Hek 5 van Toyota-stadion, asook Zola Budd- en Atthourakstraat raak.
Motoriste word aangeraai om alternatiewe roetes te gebruik en geduldig te wees.
Die metro sê die padsluitings is nodig om die veiligheid van deelnemers te verseker en die geleentheid vlot te laat verloop.









Comments