PAC veroordeel vandalisme by Robert Sobukwe se graf
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 17 minutes ago
- 1 min read
Die Pan Africanist Congress of Azania (PAC) het ’n strafsaak geopen ná die graf van sy stigterspresident, Robert Sobukwe, glo geskend is.
Die graf is in Robert Sobukwe-dorp, voorheen Graaff-Reinet, in die Oos-Kaap.
SABC News berig PAC se sekretaris-generaal, Apa Pooe, sê die party beskou die voorval nie net as vandalisme nie, maar as ’n doelbewuste politieke provokasie.
Hy sê hulle is ook in gesprek met verskeie rolspelers, insluitend groepe wat teen die hernoeming van die dorp gekant is.
Die party het in ’n verklaring ’n beroep gedoen op wetstoepassingsowerhede om die saak deeglik te ondersoek.
Die PAC vra ook dat diegene wat verantwoordelik is, geïdentifiseer en tot verantwoording geroep word.
Lede en ondersteuners is intussen aangemoedig om waaksaam te bly en Sobukwe se nalatenskap te beskerm.








Comments