Pacofs soek 'n nuwe hoof
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jan 19
- 1 min read
Pacofs in Bloemfontein het die soektog na 'n nuwe hoof uitvoerende bestuurder (HUB) begin. Die huidige HUB, Themba Dlamini, se vyf-jaar vaste kontrak verstryk aan die einde van Januarie.
Nova News berig intussen het die agentskap van die Vrystaatse Departement vir Sport, Kuns en Kultuur vir Gabisile Simelane as waarnemende HUB aangestel tot 'n gepaste kandidaat gevind kan word. Simelane is tans die hoof finansiële beampte.
Pacofs sê hy erken Dlamini se bydrae en diens aan die breër gemeenskap van die uitvoerende kunste.







Comments