top of page

Padgebruikers word gewaarsku oor die besigste dae hierdie feestyd

  • Writer: Saamgestel deur Jana Roos
    Saamgestel deur Jana Roos
  • 40 minutes ago
  • 1 min read

Padgebruikers word gewaarsku dat verkeersvolumes hierdie feestyd skerp sal styg.


Volgens die Bakwena Platinum Corridor-konsessiehouer word die swaarste verkeer langs die N1 en N4 op Vrydag en Saterdag verwag, beide hierdie week en volgende week.


Swaar verkeer word ook verwag op die dag voor Kersfees en op Oujaarsaand. Die spitstydperk sal tussen sesuur die oggend en drie-uur die middag wees.


Bakwena sê verkeer sal na verwagting ook druk wees op 4 en 11 Januarie, veral tussen twaalfuur die middag en negeuur die aand.


Ter illustrasie. FOTO: Wix
Ter illustrasie. FOTO: Wix

 
 
 

Comments


bottom of page