top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Padsluitings in Bloemfontein vir Vrystaatse begrotingsrede

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Apr 11, 2025
1 min read

Die Mangaung Metro Munisipaliteit waarsku inwoners oor padsluitings rondom die Vrystaatse Wetgewer op Vrydag 11 April 2025. Volgens die munisipaliteit is die sluitings weens die Vrystaatse regering se begrotingsrede.Een baan van Aliwalstraat sal gesluit wees, aangesien CENTLEC ’n houer agter die Vierde Raadsaal gaan plaas. In Charlesstraat, langs die stadsaal, en De Villiersstraat sal parkering vir belanghebbendes gereserveer wees.Inwoners wat munisipale rekeninge by die Bram Fischer-gebou wil betaal, moet in Markgraaffstraat of langs Gabriel Dichabe parkeer.Verkeersbeamptes sal verkeer tussen 06:00 en 16:00 reguleer. Die publiek word versoek om alternatiewe roetes te gebruik.

 
 
 

Comments


bottom of page