top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Padsterftes is die laagste in ses jaar

  • Writer: Saamgestel deur Jana Roos
    Saamgestel deur Jana Roos
  • 1 day ago
  • 1 min read

In die tydperk van 1 Januarie tot 15 Maart vanjaar het die land die kleinste getal noodlottige padongelukke in ses jaar gehad. Die minister van vervoer, Barbara Creecy, sê verder dit het met elf persent gedaal.


SABC-nuus berig sy het by die Spruitview-afrit op die N3-hoofweg in Gauteng gepraat waar sy vanjaar se Paasfees-padveiligheids-veldtog van stapel gestuur het. Die veldtog is deel van die regering se poging om verantwoordelike gedrag op die pad te bevorder en padongelukke te verminder, veral tydens Paasfees.


Creecy sê padsterftes landwyd het met tien persent afgeneem sedert die begin van die jaar.


Ter illustrasie. FOTO: Arrive Alive
Ter illustrasie. FOTO: Arrive Alive

 
 
 

Comments


bottom of page