top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Pakistan beperk internasionale mediaberiggewing

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Aug 5
  • 1 min read

Pakistanse owerhede het nuwe beperkings op internasionale mediaberiggewing ingestel.


Die beperkings vereis dat joernaliste wat vir buitelandse media werk, insluitend Pakistanse burgers, toestemming moet kry voordat hulle buite Islamabad, Karachi en Lahore berig.


Die stap beteken dat beriggewing oor die grootste deel van die land van goedkeuring van die owerhede sal afhang.


Pakistan is tans 153ste uit 180 lande op die Wêreldpersvryheidsindeks.


Die BBC berig dat die politieke kommentator, Mustafa Nawaz Khokhar, die maatreëls gekritiseer het en sê dat dit gelykstaande is aan die verstikking van internasionale media in ‘n toenemend krimpende ruimte.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

 
 
 

Comments


bottom of page