Pantone se kleur van die jaar is maar bleek
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Dec 20, 2025
- 1 min read
Die internasionale kleurstandaardiseringsisteem, Pantone, het sy kleur van die jaar vir 2026 aangewys – te midde van wêreldwye kritiek.
Die kleur se naam is Cloud Dancer, maar in leketaal is dit sommer net wit.
Die BBC berig Pantone sê die kleur is veronderstel om as 'n simbool van kalmerende invloed te dien in 'n samelewing wat die waarde van stille refleksie herontdek. Kritici meen egter die amper kliniese aard van die kleur is ver verwyderd van die kleiner, meer deurmekaar huise van die meeste mense.
'n Binnenshuise ontwerper van Sydney in Australië, Lara Clark, sê weer dit lyk dalk goed in gestileerde foto's in tydskrifte, maar, sê sy, "mens wil nie hê jou huis moet 'n hospitaal-vibe hê nie".







Comments