PARALIMPIESE SPELE: Louzanne Coetzee verower brons
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Sep 2, 2024
- 1 min read
Die siggestremde lang-afstand-hardloper Louzanne Coetzee het Maandagoggend na die podium teruggekeer en Suid-Afrika se tweede medalje van die Paralimpiese Spele in Parys behaal. Coetzee, wat drie jaar gelede silwer in Tokio verwerf het, het brons in die T11 1500 m-eindstryd vir vroue opgeraap. Dit nadat Mpumelelo Mhlongo die vorige aand vir Span SA se eerste medalje van die Parys-spele losgeslaan het deur goud in die mans se T77 100 m-eindstryd te wen.






Comments