top of page

PARALIMPIESE SPELE: Supa-Piet du Preez , Lucas Sithole en Donald Ramphadi wen nog brons vir SA

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Sep 5, 2024
  • 1 min read

Pieter du Preez het Woensdag Span Suid-Afrika se derdeParalimpiese medalje in Parys ingepalm toe Supa-Piet die H1-tydtoets oor 14.1 km vir handfietsryers in ‘n tyd van 36:70.05 voltooi wat net meer as ‘n minuut stadiger was as die uiteindelike wenner Fabrizio Cornegliani van Italië. Du Preez voeg die medalje by sy goue medalje wat hy verower het in diè item by die Paralimpiese Spele in Tokio in 2021. LEES MEER: SA swemmers en atlete mis uit op podium plekke In rolstoeltennis het die dubbels-kombinasie van Lucas Sithole en Donald Ramphadi ook die brons medalje gewen toe diè twee spelers met 6 – 2 , 4 – 6 en 10 – 8 teen die Brasilianers Leandro Pena en Ymanitu Silva geseëvier het. MEDALJES:

CHINA

62

46

27

135

GROOT BRITTANJE

33

25

16

74

# 3

VSA

25

26

12

63

SUID-AFRIKA

1

0

3

4

GOUD

SILWER

BRONS

TOTAAL

 
 
 

Comments


bottom of page