top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Paramedici is ernstig beseer toe hul ambulans ‘n bees tref

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jun 18
  • 1 min read

Twee paramedici is ernstig beseer nadat hul ambulans 'n bees op die N1 naby Trompsburg in die Vrystaat getref het.


Volgens Netwerk24 het die ongeluk by die Tierpoort-kruising plaasgevind terwyl hulle op 'n noodoproep gereageer het.


Die paramedici, Jacob Erasmus en Xelile Yawa, was sowat 45 minute lank in die wrak vasgekeer voordat hulle bevry is.


Hulle is met onder meer beenbreuke na die Busamed-hospitaal in Bloemfontein geneem vir behandeling.


In nog ‘n onverwante voorval in die Vrystaat op die R730 naby Bronville, was dié pad vroeër vandeesweek ure lank gesluit nadat vyf diere, onder meer beeste en skape, deur voertuie getref is.


FOTO: Netwerk24
FOTO: Netwerk24


 
 
 

Comments


bottom of page