top of page

Parkweg-polisiekantoor se speurhoof is oorlede

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Aug 20, 2025
  • 1 min read

Die speurhoof van die Parkweg-polisiekantoor in Bloemfontein, Kol. Mokhethi Khapola, is ná 'n lang siekte dood.

Hy sal sal vandeesweek in Welkom begrawe word. Polisiewoordvoerder verbonde aan die Parkweg-polisiekantoor, Lt.kol. Thabo Covane, sê hy is nie bewus van Khapola se afsterwe nie, alhoewel drie betroubare bronne Khapola se afsterwe aan Netwerk24 bevestig.

Khapola was voorheen betrokke by die polisie se eenheid gemoeid met veediefstal en bedreigde spesies.

Die mees onlangse saak waarby hy betrokke was, is die moord op die Morrison-egpaar naby Glen buite Bloemfontein.

 
 
 

Comments


bottom of page