Parlement vra 'n regsmening, al het munisipaliteite hul geld gekry
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jul 21
- 1 min read
Hoewel 42 van die 69 gesanksioneerde munisipaliteite hul Julie-toekenning van die billike-aandeeltoelae gedeeltelik of ten volle teruggekry het, het die parlement se regspan 'n regsmening ingewin oor die Nasionale Tesourie se aanvanklike besluit.
Dit vorm deel van 'n proses om vas te stel of die minister van Finansies, Enoch Godongwana, sy bevoegdhede oorskry het deur die fondse terug te hou. Godongwana het die betalings opgeskort en gesê die geld sou eers uitbetaal word wanneer die munisipaliteite planne voorgelê het om hul sake in orde te kry.
Moneyweb berig Godongwana het aan parlementslede gesê 'n gesamentlike poging is nodig om munisipaliteite om te keer, met die Nasionale Tesourie, Cogta en die Suid-Afrikaanse Plaaslike Regeringsvereniging (Salga) wat die proses sal lei.
Godongwana se regstellende maatreëls is grootliks verwelkom, maar sommige parlementslede bly verdeeld oor sy benadering.








Comments