top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Parlementskomitee in Bfn 'om dienslewering te verbeter'

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Feb 26, 2025
1 min read

Die Parlement se Portefeuljekomitee oor Samewerkende Regering en Tradisionele Sake is vir ’n drie-dae lange oorsigbesoek in Bloemfontein. Volgens 'n plasing op Mangaung Metro Munisipaliteit (MMM) se Facebook-blad is die doel om dienslewering op provinsiale en plaaslike vlak te monitor. Die besoek het Dinsdagoggend by die Bram Fischer-gebou in Bloemfontein begin. Uitvoerende burgemeester van MMM, Gregory Nthatisi, het die besoek verwelkom en gesê hy sien uit na konstruktiewe gesprekke oor beter samewerking en goeie regering. Nthatisi het verduidelik dat hierdie besprekings ’n duidelike beeld sal gee van waar die Metro tans is en waarheen hulle wil beweeg.

 
 
 

Comments


bottom of page