top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Parlementslede het bedenkinge oor toelae-voorwaardes

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jun 24, 2025
  • 1 min read

Parlementslede het kommer uitgespreek oor die voorwaardes wat deur die Nasionale Tesourie gestel is vir die toekenning van maatskaplike toelaes in die land. Die minister van finansies, Enoch Godongwana, het tydens sy begrotingsrede aangekondig dat daar strenger voorwaardes vir die toekenning van die toelaes sal wees. Die voorwaardes sluit kwartaallikse verslagdoening oor kansellasies en opskortings van toelaes in. Die parlement se Portefeuljekomitee oor Maatskaplike Ontwikkeling het ernstige bedenkinge oor hierdie voorwaardes uitgespreek. Die komitee sê die voorwaardes veroorsaak diep nood onder mense wat van hierdie toelaes afhanklik is.

 
 
 

Comments


bottom of page