top of page

Parlementslede is geskok oor buitelanders wiskundige geletterdheid gee

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Feb 20
  • 1 min read

Parlementslede het hul skok uitgespreek oor sommige kolleges in die land buitelandse burgers aanstel om wiskundige geletterdheid te onderrig. Dit is ten spyte van ’n bepaling wat sê dat buitelandse burgers slegs vir kritieke vaardighede aangestel moet word.


Die Departement van Hoër Onderwys sê 38 buitelanders werk as dosente in kolleges. Hulle onderrig wetenskap, tegnologie, ingenieurswese en wiskundeverwante vakke.


Die komitee sê die onderrig van wiskundige geletterdheid kan nie as ‘n kritieke vaardigheid geklassifiseer word nie.


Ter illustrasie. FOTO: Wix
Ter illustrasie. FOTO: Wix

 
 
 

Comments


bottom of page