Parlementslede ontevrede oor antwoorde oor soldate se dood
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Feb 10, 2025
- 1 min read
Die Nasionale Vergadering hou Maandag ʼn dringende debat oor die 14 Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW)-soldate wat in Goma, in die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK), oorlede is. IOL berig die sterftes het glo woede in Suid-Afrika ontlok, met verskeie politieke partye wat eis dat soldate terugkeer. Minister Angie Motshekga en senior weermagleiers het verlede week in die Parlement ontken dat troepe sonder ammunisie en kos was. Parlementslede was glo ontevrede oor antwoorde oor die soldate se dood en hul toerusting. Die SANW sê die prioriteit is om die gevalle soldate se liggame terug te bring. Die soldate was deel van die VN se missies in die DRK.







Comments