Parlementêre vrae bly onbeantwoord
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jan 10
- 1 min read
ActionSA sê die regering van nasionale eenheid het versuim om aan die parlement verantwoording te doen, aangesien baie parlementêre vrae wat verlede jaar ingedien is, onbeantwoord bly.
Volgens die party is 64 parlementêre vrae wat verlede jaar ingedien is, toegelaat om te verval en onbeantwoord te bly.
Dit terwyl ministeries gehaas het om op die nippertjie antwoorde in te dien.
Die ministerie van openbare werke het die hoogste aantal onbeantwoorde vrae, met altesaam 26.
ActionSA se Lerato Ngobeni sê dit ontbloot die regering van nasionale eenheid se minagting vir die parlement, sy reëls en sy grondwetlike toesighoudende rol.
Ngobeni voeg by die vloed van antwoorde wat op die nippertjie vrygestel is toon dat die inligting wat verskaf is, waarskynlik nie behoorlik ondersoek of betroubaar sal wees nie.







Comments