Partye eis bekendmaking van die Will for Peace-verslag

12 hours ago
1 min read
Sommige politieke partye wil hê president Cyril Ramaphosa moet die bevindings van ’n onafhanklike paneel se ondersoek na die Will for Peace-vlootoefeninge bekend maak.
Die paneel het ondersoek ingestel na die beweerde versuim om die president se opdrag na te kom dat die Iranse vloot nie by die oefeninge onder Chinese leiding ingesluit word nie. Die oefeninge het in Januarie in Suid-Afrikaanse waters plaasgevind.
Die EFF en die DA sê die publiek verdien toegang tot die bevindings.
Ramaphosa sê hy is besig om die verslag te verwerk, maar sy kantoor sê dit sal nie openbaar gemaak word nie weens kommer oor nasionale veiligheid.









Comments