Partye moet lede vir ‘n afsettingskomitee nomineer
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- May 14
- 1 min read
Alle politieke partye in die parlement is versoek om name voor te lê van parlementslede wat op ’n nuutgestigte afsettingskomitee sal dien.
Dit volg ná die Konstitusionele Hof se uitspraak verlede week oor president Cyril Ramaphosa en die Phala Phala-saak.
Die komitee sal prima facie getuienis ondersoek wat verband hou met die diefstal van buitelandse valuta op Ramaphosa se Phala Phala-plaas in 2020.
Die speaker van die Nasionale Vergadering het intussen met hoofswepe van politieke partye vergader oor die samestelling van die komitee.
Die komitee sal uit 31 lede bestaan en alle partye in die parlement verteenwoordig.








Comments