Parys sukkel al meer as 'n week met watertoevoer
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Aug 25, 2025
- 1 min read
Inwoners van Parys in die Vrystaat sukkel al 'n week met onbetroubare en soms geen watertoevoer nie.
DA-raadslid van die Ngwathe-munisipaliteit, Marié la Cock, sê die situasie plaas huishoudings, skole, ondernemings en nooddienste in ʼn benarde situasie, met geen duidelikheid oor wanneer die watertoevoer weer sal stabiliseer nie.
Maroela Media berig La Cock sê die munisipaliteit se verduidelikings stem nie ooreen met die inwoners se werklikheid nie en weerspieël ook nie die werklike toestand van die watervoorsieningsnetwerk nie.
La Cock sê die DA eis onmiddellike, eerlike en omvattende terugvoer oor die oorsake van hierdie krisis, die stappe wat gedoen word om dit op te los, en duidelike tydlyne vir die volledige herstel van die watervoorsiening.
Hulle vra voorts dat die saak na provinsiale vlak opgeskuif word vir dringende ingryping.






Comments