top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Pasiënte word glo by ‘n Bloem-hospitaal weggewys

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • May 19
  • 1 min read

Pasiënte by die Nasionale Distrikshospitaal in Bloemfontein moes glo weggewys word nadat die hospitaal vir ure sonder elektrisiteit was.


Netwerk24 berig volgens die Vereniging van Staatsamptenare in die Vrystaat is die krag eers laat Vrydagaand weer herstel.


Die vakbond beweer die hospitaal se noodkragopwekkers was ook buite werking en dat die departement reeds sedert verlede jaar daarvan bewus was.


Die kanker-eenheid was volgens berigte ook sonder elektrisiteit, en personeel moes glo vir ure in die donker werk voordat die krag herstel is.


Die Vrystaatse Departement van Gesondheid het nog nie kommentaar oor die voorval gelewer nie.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash


 
 
 

Comments


bottom of page