Pasop vir kapings op die R59-pad
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 4 minutes ago
- 1 min read
Motoriste word gewaarsku om versigtig te wees vir moontlike kapings op die R59 tussen Gauteng en die Vrystaat, veral naby Parys en Sasolburg.
Volgens die Parys Gazette volg dit ná ’n voorval verlede naweek in Sasolburg, waar verdagtes op dié roete in die rigting van Parys beweeg het.
Nog twee voorvalle is die afgelope week aangemeld waar ’n Volkswagen Polo voertuie verbygesteek en daarna spoed verminder het om ander motoriste te dwing om te stop. Sulke taktieke word dikwels met kapings en rooftogte verbind.
Misdagers doen hulle glo voor as wetstoepassers en gebruik voertuie met blou ligte om bestuurders, veral snags, af te trek.
Motoriste word aangeraai om nie in afgeleë gebiede te stop nie, maar eerder hul noodligte aan te skakel en na ’n besige plek of naaste polisiestasie te ry.
Vermy ook om rylopers op te laai of stil te hou vir verdagte voertuie.








Comments