top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Paspoortdienste kom ook binnekort na banktakke landwyd

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
1 hour ago
1 min read

Paspoortdienste sal nou ook binnekort by banktakke landwyd beskikbaar wees. Dit kom terwyl die departement van Binnelandse Sake Smart ID-dienste na 669 banktakke landwyd uitgebrei het.


Tans bied die banktakke slegs Smart ID-dienste aan, en dit is beperk tot hernuwings of die vervanging van groen identiteitsboeke.


Business Tech berig die departement sê buiten paspoortdienste sal dit ook die moontlikheid insluit om vir die eerste keer om ’n Smart ID-kaart aansoek te doen.


Tuisafleweringsdienste sal ook by alle banktakke beskikbaar gestel word, wat volgens die departement ’n nuwe standaard vir sekuriteit en doeltreffendheid sal stel.


Ter illustrasie. FOTO: Central News
Ter illustrasie. FOTO: Central News

 
 
 

Comments


bottom of page