top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Ramaphosa sê die land se openbare finansies toon vordering

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
1 hour ago
1 min read

President Cyril Ramaphosa sê die regering het aansienlike vordering gemaak het om die land se openbare finansies te stabiliseer.


Hy sê in sy weeklikse nuusbrief dat Suid-Afrika se staatskuld vir die eerste keer in byna 20 jaar gestabiliseer het, en dat dit nou begin afneem.


Maroela Media berig Ramaphosa sê baie Suid-Afrikaners het nog nie die voordele van hierdie ekonomiese herstel ervaar het nie. Werkloosheid is steeds veels te hoog, te veel gesinne sukkel om kop bo water te hou en te veel gemeenskappe gaan gebuk onder swak dienslewering.


Hy erken dat finansiële bestendigheid op sigself nie genoeg is nie en dat die regering nou die verantwoordelikheid het om dié vordering in werklike ekonomiese geleenthede en ’n beter lewensgehalte te omskep.


President Cyril Ramaphosa. FOTO: Times Live
President Cyril Ramaphosa. FOTO: Times Live

 
 
 

Comments


bottom of page