top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Paul Kruger- en burgerbeelde op Pretoriase kerkplein gevandaliseer

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 30, 2024
1 min read

Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) is ontsteld oor die onlangs beskadigde burgerbeelde rondom die Paul Kruger-standbeeld op Kerkplein in Pretoria. berig dat twee geweerkolwe, lope en ’n geweerband afgesaag is. FAK-erfnishulpbronspesialis, Leonie Marais, beweer dat die skade onlangs aangerig is en voel dat dit growwe nalatigheid van die Tshwane-metroraad is om nie die stad se kultuurerfenisbronne te beskerm nie. Die FAK het ’n saak van opsetlike saakbeskadiging by die Suid-Afrikaanse Polisiediens aanhangig gemaak en soek onmiddellike antwoorde oor hoe om verdere vandalisme te verhoed. FAK-besturende direkteur, Danie Langner, bied hul kundigheid in die restourasieproses aan om die skade so spoedig moontlik te herstel tot sy eertydse glorie.

 
 
 

Comments


bottom of page